Sunday, 31 July 2016

Aartappel en Spek Gebak


5 medium aartappels (geskil en in blokkies gesny)
'n lid het genoem dat haar aartappels nie lekker gaar wou word nie. Ek sal voorstel dat jy dit eers in blokkies sny - bietjie in die mikrogolf pre-cook tot amper gaar, dan in die olie braai 
1 ui gekap
1 Eetl Olyfolie
2 koppies gerasperde kaas
250gr pakkie spek (gekap)
1 blikkie ideal melk (354ml)
½  blikkie melk (gebruik die ideal melk se blikkie)
8 eiers
Sout en peper na smaak
Paar stukkies gekapte spruituie

Oond 180C
Verhit die olyfolie en braai die aartappels tot ligbruin
Gooi die aartappels in ‘n bak wat gespuit is met spray en cook
Pak lae, uie, kaas en spek
Meng in ‘n bak die eiers, melk, sout en peper
Gooi die eiermengsel oor
Gooi spruituie oor
Bak vir 45 na 55 min of tot eier gestol is
Gee ruskans van 10 minute –

Wenk: Jy kan die spek vervang met blokkies ham
Indien jy nie ideal melk het nie, gebruik net melk

Hierdie is 'n groot resep - maak 15 skywe.
Halveer gerus die resep

Tuesday, 26 July 2016

Skenkels met Rooiwyn en Port


2,5-3 kg skaapskenkels, in skywe gesaag
125 ml koekmeel
45 ml olie
2-3 knoffelbolle, deurgesny
375 ml rooiwyn
375 ml port
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
Sout en swartpeper
Vars tiemie of roosmaryn

Voorverhit die oond tot 160 °C. Bestuif die skenkelskywe met meel en braai bruin in lotte. Skep uit in ’n oondbak sodat die vleis in ’n enkellaag lê. Druk die halwe knoffelbolle tussen die vleis in. Meng die rooiwyn, port, asyn en heuning en giet oor die vleis. Bedek en verkoel oornag. Geur met sout en peper drie tot vier uur voor ete. Maak die bak dig toe en bak vir twee uur. Haal die deksel af en verhoog die temperatuur tot 200 °C. Bak oop vir nóg 30 minute tot ’n uur, of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Roer nou en dan. Sprinkel vars tiemie of roosmaryn oor en sit voor. Genoeg vir 8-10 mense.

Jy kan die skenkels met skaapnek ook vervang – dis net so lekker en jy kan dan die baktyd effens verkort.

Friday, 22 July 2016

Sjokolade - Koffie Poeding

Oond 180 gr C. Verhit 125 ml melk en los 30 ml koffiepoeier/korrels daarin op. In mengbak: 250 ml bruismeel, 25 ml kakaopoeier, 125 ml strooisuiker en 2 ml sout. Voeg 125 ml bruinsuiker by.  Klop saam: 1 eier, 30 gr gesmelte botter en koffie-mengsel. Voeg by meelmengsel en roer goed deur. Skep in gesmeerde, diep oondbak.  Meng volgende bestandele vir sous: 500 ml kookwater, 25 ml kakaopoeier, 20 ml kitskoffiepoeier, 180 ml bruinsuiker, 45 ml gouestroop en 45 g botter, gesmelt, Gooi bo-oor deeg en bak vir 1 uur.

Tuesday, 19 July 2016

Vis Geposjeer in Sous van Lemmetjie, Gemmer en Klapper

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

• 20 ml sonneblomolie
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ml fyngerasperde vars gemmer
• 1-3 ml droë rissievlokkies
• 2 tamaties, skil en pitte verwyder en in blokkies gesny
• 1 blik (400 ml) klappermelk
• 2 stingels sitroengras, in 2 cm-stukke gesny en gekneus
• 5 ml suiker
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 500 g koningklip-, stokvis- of ander lynvisfilette van jou keuse
• 15 ml lemmetjiesap
• lemmetjiewiggies en vars koljanderblare, om voor te sit
• murgpampoentjie-spaghetti, om voor te sit

1 Gooi die olie in ’n swaarboomkastrol en verhit dit oor lae hitte. Voeg die ui, knoffel, gemmer en rissie by. Laat dit vir omtrent 30 minute stadig gaar word tot die ui begin karamelliseer. Voeg die tamatie by en laat dit vir nog vyf minute liggies prut.

2 Voeg die klappermelk, sitroengras, suiker en suurlemoenskil by en laat dit vir nog 10 minute prut.

3 Voeg die stukke vis by en laat dit liggies prut vir 5-8 minute tot die vis net-net gaar is en maklik vlok.

4 Voeg die lemmetjiesap by en geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Garneer die vis met lemmetjiewiggies en koljanderblare en sit dit saam met die murgpampoentjie-spaghetti voor.

Murgpampoentjie-spaghetti
Sny die punte van 500 g murgpampoentjies af. Sny die murgpampoentjies in dun repies met ’n mandolien. Verhit 15 ml olyfolie in ’n groot pan. Voeg die murgpampoentjierepe by en roerbraai dit liggies vir 3-5 minute tot dit net-net sag is. Voeg ’n bietjie botter by en geur dit na smaak.

Geroosterde Ontbyt


Ontbyt is regtig die belangrikste maaltyd van die dag. Hierdie een is maklik om te maak en lyk wonderlik.

Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 10 min.

100 g repe strepiespek
1 ryp avokado
1 rooi brandrissie, fyn gekap
’n hand vol kruisement, gekap
sap van ½ lemmetjie
2 eiers
4 snye brood
botter vir smeer

Verhit die oond tot 220 °C.
1.    Lê die repe spek uit op ’n bakplaat wat met foelie uitgevoer is en rooster 15 min. in die oond tot bros terwyl jy een keer omdraai.
2.    Maak die avokado fyn. Roer die rooi brandrissie, kruisement en lemmetjiesap na smaak by die fyn avokado in. Geur mildelik met sout en peper.
3.    Braai die eiers na jou smaak in ’n bietjie olie. Rooster die brood en smeer dit dan met botter. Verdeel die avokadomengsel tussen die snye roosterbrood en bedek dan met spekvleis en ’n gebraaide eier. Sit dadelik voor.

Groenkerrie


Vanaand se aandete is maklik om te berei en vol geur.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 25 min.

2 x 400 ml-blikke klappermelk
30 ml (2 e) groenkerriepasta
300 ml hoenderaftreksel, warm
5 cm-stuk gemmer, in skywe gesny
4 ontvelde hoenderborsies, in blokkies gesny
125 ml (½ k) ertjies
’n hand vol basilieblare
sap van 1 lemmetjie
30 ml (2 e) vissous

1.    Verhit die klappermelk in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die kerriepasta by en roer 3 min.
2.    Voeg die warm aftreksel, gemmer en hoenderblokkies by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat 15 min. liggies prut tot die hoender deurgaar is en die sous effens verminder en verdik.
3.    Roer die ertjies, basilie, lemmetjiesap en vissous in en voeg nog by, indien nodig. Skep die kerrie in bakke. Sit voor saam met die rys van jou keuse.

Sunday, 17 July 2016

Sitrusgegeurde Beesstert


Dis ’n lang lys bestanddele, maar moenie kortpaaie vat nie – die geure vul mekaar aan. Die vleisies kook só sag dat dit van die been af val.

Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 4 uur

Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie of botter
• 2 eetlepels koljandersade, gekneus
• 1 eetlepel swartpeperkorrels
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 groot wortels, fyngekap
• 2 selderystingels, fyngekap
• 10 heel babauie, geskil
• 1,4 kg beesstert, in stukke gesny (vra jou slagter)
• 400 g beesstowevleis, in stukke gesny
• ½ koppie meel
• 3 koppies rooiwyn
• 3 koppies beesvleisaftreksel
• 3 lourierblare
• 2 kaneelstokkies
• 1 bossie tiemietakkies
• 2 clementines (of enige ander sitrusvrug)
• 2-4 eetlepels sojasous
• 1 bossie pietersielie, gekap
• 1 bossie krulkool (kale), gekap

Só maak jy

1. Plaas die olie, koljander en swartpeper in ’n pot en verhit dit totdat die olie warm is. Roer die knoffel, wortel, seldery en uie daarby en roerbraai vir 10 minute tot geurig.
  
2. Plaas die vleis en meel in ’n sak en skud dit goed sodat die vleis oraloor bedek is. Roerbraai die vleis vir 5 minute saam met die groente en speserye in die pot. Voeg dan die rooiwyn by, bring die pot tot kookpunt en laat dit vir 5 minute vinnig prut. Voeg dan die aftreksel, lourierblare, kaneelstokkies en die helfte van die tiemietakkies by.

3. Sny die een clementine middeldeur en pak die twee helftes bo-op die vleis. Sit die deksel op en laat die pot vir sowat 4 uur oor ’n baie lae temperatuur prut totdat die vleis van die been af val. (Jy kan ook die pot vir 4 uur lank met sy deksel op teen 140 °C in die oond sit.)

4. Druk die warm clementine se sap oor die bredie uit en gooi dit weg. Rasper die ander clementine se skil oor die bredie en druk sy sap ook daaroor uit. Proe, en geur na smaak met sojasous. Stroop die oorblywende tiemieblaartjies van die takkies af en sprinkel dit saam met die gekapte pietersielie oor. Sit dit voor met die gesoteerde krulkool.

Hoendernoedelbak


Dis net die maaltyd dié om ’n lang dag mee af te sluit.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.

20 g botter
1 ui, fyn gekap
3 wortels, in dun skywe gesny
2 selderystokke, fyn gekap
sout en vars gemaalde peper
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 cm-stuk vars gemmer, gerasper
4 x 250 ml (4 k) hoenderaftreksel
150 g noedels
2 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper
’n hand vol pietersielie
1 rooi brandrissie, gekap

1.    Smelt die botter in ’n groot, diep kastrol oor lae tot matige hitte. Voeg die ui, wortels en seldery by en geur met die sout en vars gemaalde peper. Braai liggies 10 min. terwyl jy gereeld roer tot die groente sag is.
2.    Voeg die knoffel en gemmer by en kook 1 min. voor jy die aftreksel ingooi. Laat die sop prut en laat borrel liggies 10 min. of tot die groente amper gaar is.
3.    Krummel die noedels by die pot in en voeg die versnipperde hoender by. Proe en geur met die sout en vars gemaalde peper. Laat prut nog 2 min. tot die noedels sag is. Garneer met die pietersielie en brandrissie.

Kaassmeer - Braaibrode


Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 15 minute

1 Franse brood
100 g botter
250 g mozzarellakaas,
gerasper
20 ml (4 t) origanum
30 ml (2 e) fyn gedrukte knoffel
150 g roomkaas
150 g kaassmeer

    Sny die brood in 2 cmskywe, maar moet dit nie heeltemal deursny nie.
    Meng die res van die bestanddele tot ’n smeer. Druk lekker dik tussen die broodskywe in.
    Maak toe met tinfoelie en rooster op matige kole tot bros en lekker bruin.

Dadelpoeding


Is jy lus vir iets klewerigs en soet? Beproef hierdie resep.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min.

200 g dadels, ontpit en in dun skywe gesny
2,5 ml (½ t) koeksoda
200 ml kookwater
75 g botter
175 g donkerbruin- of muscovado-suiker
10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) fyn gemengde speserye
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 eiers
500 ml (2 k) bruismeel
200 ml botterkaramelstroop
vla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.    Plaas die dadels in ’n bak saam met die koeksoda en water. Roer en sit eenkant. Meng die botter, suiker en speserye in ’n groot mengbak tot lig en donsig. Klits die vanielje en eiers, een op ’n slag, in terwyl jy goed meng tussen byvoegings.
2.    Voeg die meel by en klits goed. Gooi die dadels en hul vloeistof in en meng om ’n loperige beslag te vorm. Gooi in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bak 45 min. tot die bokant goudkleurig is en ferm wanneer daaraan geraak word.
3.    Wanneer die poeding uit die oond is, verhit die stroop tot loperig. Steek gate oral in die poeding met ’n toetspen. Giet die warm stroop oor en laat dit by die poeding insypel. Laat staan 15 min. en sny dan in vierkante. Sit voor saam met vla.

Hoenderkasserol


Hierdie heerlike hoendergereg lyk na ’n goeie idee vir aandete.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding:  10 min.
Gaarmaak: 30 min.

15 ml (1 e) olie
1 kg hoenderstukke
sout en peper
20 g botter
1 ui, gekap
250 g sampioene, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaal
5 ml (1 t) meel
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
400 g gekapte tamaties
5 ml (1 t) droë tiemie
’n hand vol pietersielie, gekap

    Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte. Geur die hoender met sout en peper en voeg in die pan. Braai tot verbruin. Haal uit die pan.
    Voeg die botter in die pan en verminder dit hitte. Voeg die ui by en braai terwyl jy af en toe roer tot deurskynend. Voeg die sampioene en knoffel by. Braai terwyl jy gereeld roer tot die groentes verbruin het.
    Voeg die meel by en braai 30 sek. terwyl jy roer. Roer die aftreksel in en laat prut. Roer die tamaties en tiemie in. Sit die hoender terug en kook 15 min. of tot die hoender gaar is. Sit voor gegarneer met pietersielie.

Friday, 15 July 2016

Lamsribbetjies met Koljander en Bruin Asyn

As jy van die Noord-Kaap kom, ken jy dié manier van gaarmaak baie goed. Die ribbetjies word stadig oor die kole gebraai tot goudbruin en bros. Eenvoudige kos, maar lekker.

genoeg vir 6

• 24 lamsribbetjies
• 60 ml bruin asyn
• varsgemaalde growwe sout
• varsgemaalde swartpeper
• 60 ml heel koljanderkorrels, fyngestamp

Verhit kole tot matig warm of verhit oond tot 160 °C. Pak ribbetjies op toeklaprooster of in oondbraaibak. Sprinkel asyn oor en vryf goed in vleis in met vingerpunte. Geur met sout en swartpeper. Sprinkel koljander oor. Braai stadig met vetkant na bo tot vet uitgebraai is – sowat 1 uur. Draai om as jy oor kole braai tot vet goudbruin en bros is of bak goudbruin onder oond se rooster-element. Sit voor met ekstra fyn koljander.

Chorizo-Mossels

Chorizowors is vol geur, wat die mossels ’n lekker smaak gee en dis kry ons chorizomossels

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 325 g chorizowors, in ringe gesny
• 30 ml gerookte paprika
• hand vol vars koljanderblare
• 1 kg swart mossels, skoongemaak
• 250 ml witwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit Weber tot warm of maak hele gereg gaar op stoof. Verhit olyfolie in diep pan tot warm oor matige hitte. Voeg ui, knoffel en chorizo by. Roerbraai 5 – 8 minute of tot ui begin verbruin. Roer paprika en koljander by. Verwyder van hitte en pak mossels op uiemengsel.

Gooi wyn oor. Geur goed met sout en peper. Maak pan toe en plaas in warm Weber (of op lae hitte op stoof) en laat mossels 10 – 12 minute stoom in wynsous of tot dit oopgaan en gaar is. Sit voor.

Oornagbrood

Knus om die tafel. Geniet ons oornagbrood

Somer sê tot siens en ons krag is onvoorspelbaar. Juis die tyd om vriende op te beur met ‘n mooi herfstafel en die ketelbraai (of koolstoof) in te span vir ‘n koningsmaal.

Die brood rys stadig oornag in jou yskas om dit ekstra geur te gee.

genoeg vir 6 – 8

• 45 ml heuning
• 100 ml louwarm water
• 250 ml jogurt
• 45 ml olyfolie
• 10 g kitsgis
• 500 g (890 ml) koekmeel
• 10 g sout

Plaas heuning, water, jogurt en olie in ’n groot mengbak (of bak van elektriese menger). Voeg res van bestanddele by en meng tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie 5 – 8 minute of tot deeg glad is. Vorm deeg in ronde bal en plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in yskas en laat 8 uur rys of oornag.

Verhit Weber tot warm – jy moet jou hand 10 sekondes bo die kole kan hou. Onderste ventilasiegate moet oop wees as jy brood bak. Of verhit die oond tot 180 °C. Haal deeg uit yskas en sny met skerp mes kepe in oppervlak om dit mooi te laat lyk. Bak 25 – 30 minute of tot brood goudbruin en gaar is. Laat afkoel op afkoelrakkie en sit voor met botter.

Wenk: Jy kan die brood ook laat rys in ń broodmandjie met mooi patrone

Room Fluweel-Doughnuts gevul met Vla


6 – 8 porsies

• 155 ml louwarm karringmelk
• 50 ml strooisuiker
• 70 g botter, gesmelt
• 2 eiers
• 10 g kitsgis
• 365 g (650 ml) koekmeel
• 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel

Vulsel
• 300 ml melk
• 3 eiergele
• 45 ml mielieblom
• 5 ml vanieljegeursel
• 60 ml strooisuiker

Plaas karringmelk, suiker, botter, eiers, gis, koekmeel en kleursel in bak van
elektriese menger. Klits op hoë spoed met menger se K-spaan tot mengsel in
een bal saamkom. Plaas deeg in skoon bak. Bedek bak met kleefplastiek en laat
rys deeg tot dubbel die volume, sowat 45 – 60 minute. Sprinkel meel op
werkvlak, keer deeg uit en druk plat tot sowat 1 cm dik. Gebruik doughnutdrukker
van 10 cm en sny sirkels uit. Plaas op bakplaat wat met meel
besprinkel is. Laat rys weer tot dubbel die volume, sowat 30 minute.Maak
terwyl die deeg rys die vulsel. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en klits
met draadklitser tot gladde mengsel. Plaas in middelslag-pot oor lae hitte.
Hou aan roer tot mengsel verdik soos ’n witsous. Roer vir nog 5 minute of tot
blink voorkoms. Skep in skoon bak en plaas kleefplastiek direk op vla. Laat
koel af.Verhit sonneblomolie tot warm in ’n middelslag-pot en gooi gerysde
deegsirkels in warm olie.Diepbraai 3 –4 sirkels op ’n slag vir sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en rol in kaneelsuiker.
Skep afgekoelde vla in spuitsak met ’n 5 mm-tuit. Druk tuit in die kant van die
gaar doughnuts en spuit van die vla in.
Sit voor met spookasem.

Thursday, 14 July 2016

Jamaikaanse "Jerk"-Hoender


Hoender met Jamaikaanse skop en ’n verfrissende pynappelsalsa.
Genoeg vir 2.

Jy benodig:

2 wit uie

50 g vars gemmerwortel

1 knoffelhuisie

15 g vars tiemieblaartjies

2 rooi rissies

5 ml gemengde speserye

5 ml swartpeper

125 ml witwynasyn

125 ml donker sojasous

6 hoenderdye (met die vel aan)

Vir die pynappel-salsa:

1 pynappel

15 ml strooisuiker

1 rooi rissie

60 ml mentblare

60 ml koljanderblare

die sap en skil van 1 lemmetjie

2 cm vars gemmerwortel

Só maak ’n mens:

1. Marineer die hoender oornag (of vir ’n maksimum van 24 uur) vir die beste smaakresultate. Om die marinade te maak, skil die uie en plaas in ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyngekap. Skil die gemmerwortel en rasper dit by die uie in die voedselverwerker. Skil die knoffel en voeg dit, asook die tiemieblaartjies (sonder enige takkies) by. Verwyder die saadjies van die rissies en voeg ook by. Verwerk nou die mengsel saam tot baie fyn. Voeg die speserye, peper, asyn en sojasous by en verwerk weer tot goed gemeng.

2. Plaas die hoender in ’n bak en skep die marinade oor. Meng sodat dit al die vleis bedek. Sit die bak se deksel op of maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas. Draai die hoender halfpad deur die marineertydperk om.

3. Wanneer jy gereed is om die vleis gaar te maak, voorverhit die oond tot 200 °C.

4. Plaas ’n riffelpan op die stoof en verhit tot baie warm. Plaas die hoender met die velkant na onder in die riffelpan en verbruin aan albei kante (moenie die marinade weggooi nie). Geur met sout terwyl jy dit verbruin.

5. Sit nou die hoender in ’n oondvaste bak en giet die marinade oor. Bak 15 minute per kant of tot deurgaar en sit voor saam met jou gunsteling-stysel soos kapokaartappels of rys en natuurlik die pynappel-salsa.

6. Om die salsa te maak: Skil die pynappel en sny in 2 cm-blokkies. Rasper die lemmetjieskil en die gemmer baie fyn oor die pynappelblokkies. Sprinkel die strooisuiker oor en voeg ook die lemmetjiesap by. Verwyder die rissie se saadjies en kap fyn. Roer dit saam met die fyngekapte kruie by die salsa. Laat dit marineer vir so lank as wat die hoender neem om gaar te word.

Bief Wellington


As jy spekvleis gebruik, moet dit rugspek wees. Streepspek bevat soveel vet dat die gereg nie suksesvol sal wees nie.

Jy benodig (vir 4-6 mense):

Vir die vulsel:

olyfolie

1 ui, grofgekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

2 takkies vars tiemie

15 ml vars pietersielie, gekap

500 g sampioene, grofgekap

Filet:

sout en peper

1 kg beesfilet

30 ml Dijon-mosterd

8-10 repe rugspek (opsioneel)

1 rol bevrore skilferdeeg, ontvries

1 eier, geklits

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 170 °C.

2. Vulsel tussen die vleis en die skilferdeeg: Verhit olyfolie in ’n pan en braai die ui sowat 2 minute. Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut. Voeg die vars kruie by en braai ’n paar sekondes. Voeg die sampioene by en braai tot al die sap uitgebraai het.

3. Vir die filet: Geur die filet met sout en peper. Verhit olyfolie in ’n braaipan en verseël die vleis rondom. Verwyder van hitte en laat 2 tot 3 minute afkoel.

Bestryk die filet met Dijon-mosterd en hou eenkant.

4. Plaas vier stukke kleefplastiek in oorvleuelende lae op ’n werkvlak. Plaas die spekvleisrepe in ’n laag op die kleefplastiek en daarna die vulsel. Plaas die filet bo-op die vulsel aan die bopunt van die kleefplastieklaag. Rol dit styf oor die filet op en laat staan 15 tot 20 minute in die yskas.

5. Rol die skilferdeeg op ’n skoon werkvlak uit. Verwyder die kleefplastiek van die filet en vou die skilferdeeg om die filet. Sorg dat die vleis aan alle kante bedek en die deeg verseël is.

6. Bestryk met die geklitste eier en bak 25 tot 30 minute in die oond tot die deeg goudbruin is en die filet so gaar soos jy daarvan hou.

Griekse Slaai met 'n Kinkel

Die kinkel in dié gewilde slaai is dat jy die ­fetakaas diepbraai.

Jy benodig (genoeg vir 4 mense):

25 ml olyfolie

400 g fetakaas (nie sagte Deense feta nie), in skywe gesny

bros kopslaai, in stukkies geskeur

komkommer, geskil en in skywe gesny

100 g kersietamaties, gehalveer

1 klein rooi ui, in skywe gesny

100 g swart olywe

Vir die slaaisous:

60 ml rooiwynasyn

80 ml olyfolie

15 ml bruinsuiker

sout en peper na smaak

15 ml Dijon-mosterd

Só maak ’n mens:

1. Verhit ’n braaipan oor hoë hitte en laat drup olyfolie daarin.

2. Braai die fetakaas 1-2 minute aan elke kant of tot goudkleurig en bros. Haal uit pan en plaas op papierhanddoek om te dreineer.

3. Rangskik al die slaaibestanddele op ’n groot dienbord en sny elke fetaskyf in kwarte en rangskik op die bord.

4. Om die slaaisous te maak, meng al die slaaisousbestanddele goed saam. Druip die sous oor die slaai en sit voor.

Wenk: Gebraaide feta op sy eie saam met ’n doopsous is ’n onweerstaanbare happie.

Wednesday, 13 July 2016

Gebakte Pere met Kaneel en Room


Jy het nodig (genoeg vir 6 mense):

45 ml botter

45 ml bruinsuiker

3 groot pere, geskil, gehalveer en ontkern

10 ml fyn kaneel

250 ml room

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Smeer ’n vlak oondbak.

3. Strooi dan die helfte van die suiker in die bak.

Sit die pere met gesnyde kant na onder in die bak en strooi die oorblywende suiker en kaneel bo-oor.

4. Bak 15-20 minute. Giet die room oor en bak nog 10 minute.

Sit voor sodra dit uit die oond kom.

Heerlike Hoender Op Suurlemoenrys


Jy benodig vir vier:

8 hoenderdye

sout en peper

15 ml elk botter en olie vir braai

1 groot ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

500 ml Spekko-witrys

750 ml of meer warm hoender-aftreksel

skil van 2 suurlemoene en sap van 1
1 suurlemoen in dun skywe

suurlemoenwiggies vir opdiening

gekapte pietersielie vir oorstrooi

Maak dan só:

Voorverhit oond tot 180 °C. Geur hoenderstukke goed met sout en peper. Verhit die botter en olie in ’n oondvaste kasserolbak of diep pan en braai die hoender tot goudbruin, 5 tot 8 minute. Skep uit en hou eenkant.

In dieselfde pan braai jy die uie tot sag en deurskynend, roer die knoffel by en braai nog ’n minuut. Stoot die uie eenkant en voeg die rou rys by. Roer deur om met die olie te bedek en braai goudbruin. Hier en daar sal korrels selfs begin pof. Roer die gebraaide uie deur die rys en voeg die hoenderaftreksel en suurlemoenskil en -sap by.

Pak die hoenderstukke bo-op die rys en druk die suurlemoenskywe hier en daar in. Plaas deksel op en bak sowat 25 minute in die oond, totdat die rys gaar en donsig is en die hoender gaar. (Indien nodig, voeg in die kookproses nog aftreksel by.) Haal deksel af en bak nog 5 tot 8 minute.

Strooi pietersielie oor en dien op met suurlemoenwiggies, ontpitte groen olywe, gekrummelde feta en ’n groot bak Griekse slaai.

Monday, 11 July 2016

Klapper-Malvalekkers


Maak sowat 20 lekkers
Bereiding: 10 minute
Stoltyd: sowat 1 uur

30 ml (2 e) gelatien
125 ml (½ k) koue water
500 ml (2 k) strooisuiker
125 ml (½ k) kookwater
12 druppels pienk voedsel- kleursel
10 ml (2 t) vanieljegeursel
klapper, helfte pienk gekleur, vir rol

Spuit ’n 2,5 L-bak met kossproei.

    Spons die gelatien in die koue water in ’n glasbak. Verhit tot gesmelt, maar moet die mengsel nie laat kook nie.
    Voeg die strooisuiker en kookwater by en klits 7-10 minute met ’n elektriese klitser tot die mengsel verdik en wit verkleur.
    Verdeel die mengsel in twee en kleur versigtig in verskillende skakerings van pienk met die kleursel.
    Voeg die vanielje by. Klits weer goed en giet in die voorbereide bak. Die mengsel moet sowat 1,5 cm diep daarin lê. Plaas in die yskas tot gestol en sny dan in blokkies.
Rol in die klapper

Sunday, 10 July 2016

Pastagebak


’n Eenvoudige en ekonomiese manier om ’n kaserige pastamaaltyd te berei.

Genoeg vir 6 mense

1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml (1 e) olie
2 hande vol kersietamaties, in kwarte gesny
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
5 ml (1 t) suiker
sout en peper na smaak
300 g macaroni-pasta
150 g mozzarella, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C

Braai die ui en knoffel in olie tot sag en deurskynend en voeg die tamaties, aftreksel en suiker by.
Bring die sous tot prutpunt en laat prut 10 min. tot verminder en effens verdik. Geur met die sout en peper.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
Skep die pasta in lae met die tamatiesous en kaas. Plaas 15 min. in die oond tot goudkleurig.

Hoender en Spinasie Pasteivlegsel


Hoender en spinasie pasteivlegsel met oondgeroosterde groente.
250g sampioene, in skyfies gesny
1 groot ui, gesny
200g babaspinasieblare
Sout en peper
100g feta, gekrummel
200g hoenderborsfilette, gaar en in blokkies gesny
40ml botter
40ml koekmeel
250ml melk
Sout en peper
400g skilferkorsdeeg (puff pastry)
1 geklitste eier
Gekaramaliseerde tamaties
50ml balsamiek asyn
15ml bruinsuiker
250g klein tamaties
Sout
Hoenderpastei
Voorverhit die oond tot 200C
Verhit olyfolie en roerbraai sampioene tot gaar en sag.
Voeg die uie en roerbraai tot sag.
Roer die spinasie by en geur met sout en swartpeper.
Laat afkoel en voeg die feta en hoender by.
Smelt die botter in ’n kastrolletjie. Roer die koekmeel by tot gemeng. Roer die melk by en roer tot verdik. (maak ’n witsous) Sout en peper by sous. Laat afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Skep die vleisvulsel in die middel van die deeg.
Sny die deeg aan die kante in repe en vou soos ’n vlegsel oor die vleis. Smeer water op punte van vlegsel en druk liggies vas om te verseker dat dit nie loskom nie.
Verf die pastei met geklitste eier
Sit op gesmeerde bakplaat. (gebruik 2 eierspane om dit op te lig)
Bak in voorverhitte oond vir 30minute of tot goudbruin.
Gekaramaliseerde tamaties.
Verhit die balsemiekasyn en suiker en laat prut tot dikkerige stroop
Gooi tamaties en sout by en laat deur warm word.
Opdien: sit pastei op opdienbord. Gooi die balsamiese reduksie en tamaties oor die pastei.

Friday, 1 July 2016

Vla Tertjies


1 pak blaardeeg
70 ml melk
170 ml room
2 kaneel stokkies
170 ml  strooisuiker
15 ml mielieblom
4 groot eiergele
kaneelsuiker om oor te sprinkel

Rol die blaardeeg uit op oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Druk sirkels of vierkante uit en gebruik dit om gesmeerde muffin of mini broodjie pannetjies uit te voer. Sit dit in die yskas totdat vulsel in gegooi word.

Verhit die melk, room en kaneelstokkies saam tot die mengsel net-net kook. Roer die suiker by, haal dit van die plaat af en laat dit 10 minute eenkant staan sodat die geure kan trek. Skep die kaneelstokkies uit. Roer die mielieblom by 25 ml koue water en roer bietjie van die warm room, mengsel daarby in. Roer die mielieblom mengsel by die res van die roommengsel.

Klits die eiergele met vurk en roer dit by die roommengsel in. Gooi die mengsel in die tertdoppies tot dit 2/3 vol is. Bak dit in warm oond vir 20 minute tot die vla gestol het en die tertkorse bros is. Sprinkel kaneelsuiker oor en laat dit afkoel.

Cheese Grillers in Pannekoek in Kaas Sous Gebak


Kaas sous:
2 koppies melk
2 eetlepels botter
1 eetlepel meel
Sout en swart peper na smaak
3 koppies gerasperde kaas

Rol cheese grillers in pannekoeke
Bedek met kaas sous
Strooi gerasperde kaas oor.

Bak vir 20min teen 150 grade.                      

Wortel Muffins in Grootmaat


108 Muffins
18 eiers             
6 kop bruin suiker
3 kop olie         
6 t vanilla
4½ kop koekmeel         
4½ kop volgraanmeel
3 kop semels  
6 t bakpoeier
3 t koeksoda   
1½ t sout
6 t kaneel         
6 kop gekapte neute
12 kop fyngerasperde wortels
METODE:
Klits eiers en suiker baie goed saam.
Voeg olie en geursel by, klits goed. Voeg droë bestanddele by, klits deurentyd.
Voeg wortels en neute by. Klits goed deur.
Plaas in groot kolwyntjieholtes en bak 20 min by 180°C.