Tuesday, 26 January 2016

Beesstert & Skaap Potjie

BEESSTERT & SKAAP POTJIE

Potjie No: 3
Genoeg vir: 6
Gaarmaaktyd: 3,5 uur

Bestanddele:
30ml botter
125ml droë rooi wyn
1 beesstert, in stukke gesny
62ml water
500g skaapskenkels, in stukke gesny
500ml groenbone, in stukke gekap
500g skaap stert \ ribbes
1 bossie wortels, gesny
8 medium uie, gekap
½ blomkool, opgebreek
250g spek, in blokkies gesny
300g knopie sampioene
4 blokke beesvleisaftreksel, gekrummel
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
10 heel peperkorrels
15 baba-aartappels
8 geheel kruinaeltjies
2 seldery stokke, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
15 heel uitjies
10ml gemengde kruie
Neutmuskaat na smaak
1 pyp kaneel
15g bruin uie sop
1 rooi brandrissie peper
Grof gekapte pietersielie
Peper na smaak

Metode:
Smeer die potjie met die botter en braai die vleis vir sowat 15 minute tot bruin.
Voeg die uie, spek, beesvleisaftreksel, speserye en kruie en braai vir 'n verdere 15 minute. Verwyder die vleis stukke.
Voeg die water en die wyn by die beesstert, sit die deksel op en laat die pot prut vir ongeveer 1 uur.
Vervang die vleis en laat dit prut vir 'n verdere 50 minute.
Nou pak die groente soos volg - 'n ring van groenbone teen die rand van die pot, dan' n ring van wortels en 'n ring van blomkool reg in die middel.
Druk op die sampioene styf tussen die rand van die pot en die groenbone en sprinkel die brandrissie oor.
Pak die aartappels tussen die bone en die wortels en sprinkel die seldery oor.
Pak die uitjies rondom die blomkool en sprinkel die sop en pietersielie oor.
Sit die deksel op en laat dit prut vir 'n verdere 2 ure of totdat die groente sag is.
Geen sout word gebruik as die sop en beesvleisaftreksel bevat genoeg sout.

Een-bak-aandgereg

Een-bak-aandgereg.        
Meng tesame:
1 koppie bruismeel
½ koppie smash of Maggie-kapokaartappels
½ koppie water
½ koppie kookolie
½ teelepel bakpoeier
Sout
Meng tesame:
500 g gemaalde vleis
1 pakkie spring vegetable-sop (69g)
1 koppie kookwater
½ koppie broodkrummels
Metode:
Plaas deegmengsel onder in bak.
Sit vleismengsel bo-op.
Sit gerasperde kaas of tamatie of spek bo-oor.
Bak ongeveer ¾ uur op 180°C.
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer

Ekonomiese Varkvleis en Kool Bredie

EKONOMIESE VARKVLEIS EN KOOL BREDIE

15ml olie, 750g varkrib in stukke of vark van
jou keuse, 2 gekap uie, 1 gekap knoffel, 1ml kerrie, 10ml sout, 1ml swartpeper, 500g
kool gekerf, 50ml maizena, 125ml vleisaftreksel,
10ml suiker. METODE - Braai vleis bruin in olie. Voeg uie, knoffel en kerrie by
en braai sag. Voeg sout, peper en kool by. Meng maizena en aftreksel en voeg by.
Prut stadig met deksel 40min of tot sag. Voeg suiker by en bedien. VARIASIE - Vervang
kool met spinasie. Gebruik sampioensoppoeier
in plaas van maizena. Om vliee weg te hou van die kool reuk - strooi bietjie peper
op deksel. Porsie 6.