Thursday, 28 January 2016

Beskuit

Beskuit

1 kg Nutty Wheat koringmeel

8 tl bakpoeier

5 tl sout

Smelt die volgende saam:

         2 koppies suiker
         1 koppie olie
         250g margarien
Klop 1 eier in 1 ½ koppie suurmelk of karingmelk

Metode:

Gooi die meel, bakpoeier en sout saam in 'n bak.
Voeg die karringmelk/eier mengsel by die gesmelte suiker en margarien mengsel en voeg dan hierdie gekombineerde mengsel by die meel.
Meng goed en gooi in oondpan.
Druk plat in oondpan en bak vir 1 uur op 160 C, laat afkoel en sny.

Maklike Beskuit

Maklike Beskuit

Dit is voorwaar die maklikste resep en jy kan bysit wat jy wil vir ander geure soos anys en marmelade en so: 

Bestanddele:
750 ml melk 
750 ml suiker
500 g botter
25 ml sout 
3.75kg meel
3 pakkies kitsgis 
1 liter water
3 eiers geklits

Metode:
Kook melk, water, suiker, botter en laat afkoel (ek doen dit eerste sodat by die tyd as ek klaar is met die ander is dit koel). Meng meel, sout en gis. 
As melkmengsel afgekoel is gooi eiers by. Voeg melkmengsel by meel en meng, knie (indien styf voeg nog melk by) 
Maak warm toe en laat rys vir 2 uur tot dubbel in hoogte. Vorm bolletjies en sit in gesmeerde panne en laat rys op warm plek. Bak 1 uur op 180C (indien fahrenheit oond is dit 350) Net voor uur om is klits 10 ml suker en 12.5 ml melk en smeer bo-oor. Sit terug in oond tot blink en goudbruin. Haal uit, sit op afkoelrak en breek oop. Droog dit vir 5 tot 6 ure in 100 C oond. Ek het dit oornag uitgedroog op 70 grade.

Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Tuisgemaakte kraakbeskuitjies

Bestanddele

280 g (500 ml) koekmeel

5 ml sout

5 ml bakpoeier

7,5 ml suiker

250 ml dubbeldik room (double thick)

30 ml melk

Metode

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en bakpoeier saam in mengbak. Voeg suiker by en meng deur. Voeg room en melk by en meng goed deur tot ’n deeg vorm. Rol dun uit (sowat 3 mm) op meelbestrooide oppervlak. Jy kan nou die beskuitjies in vierkante uitsny of selfs met ’n ronde koekiedrukker uitdruk. Plaas op gesmeerde bakplaat en prik deeg met ’n vurk. Plaas in oond en bak vir 8 minute. Haal uit en draai beskuitjies om. Bak nog 6 – 8 minute. Haal uit en laat afkoel op ’n afkoelrak.

Rosynebrood

Rosynebrood

BESTANDELE:

1 pakkie Bruismeel

1x250 g pitlose rosyne

1 houertjie karringmelk

2 eetl. suiker

2 gelyk teelepels bakpoeier

knippie sout

METODE:

Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel.

Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.