Thursday, 17 March 2016

Vinnige Roerbraai met Steak


Porsies: 4

Bestanddele
15 ml (1 e) vis- of teriyaki-sous
30 ml (2 e) oestersous
15 ml (1 e) lemmetjie- of suurlemoensap
100 g broccoli, in blommetjies gesny
100 g groen boontjies, in derdes gesny
125 g sampioene, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
15 ml (1 e) brandrissie-gegeurde avokado-olie
300 g steak, in repies gesny
swart sesamsaad om oor te sprinkel

Metode
1. Meng vis- of terikiyaki-sous, oestersous en lemmetjie- of suurlemoensap.
2. Plaas broccoli en boontjies in ’n bak en bedek met kookwater. Laat ’n paar minute staan, dreineer en hou eenkant.
3. Verhit ’n braaipan oor matige hitte en roerbraai sampioene tot goudbruin. Voeg die soetrissie by en roerbraai vir ’n paar minute. Voeg die olie en steak by en roerbraai tot goudbruin, maar nie heeltemaal gaar nie.
4. Roer groen groente by en verhit tot deurwarm. Giet die sousmengsel oor en meng goed deur. Sit onmiddelik voor en sprinkel met sesamsaad.

Wenk
Indien vissous, teriyaki-sous of oestersous nie beskikbaar is nie, gebruik die mengsel: 15 ml (1 e) sojasous, 5 ml (1 t) heuning, 15 ml (1 e) suurlemoensap, 10 ml (2 t) rooiwyn asyn en 2,5 ml (½ t) gemaalde komyn. OF geur die roerbraai met ’n lekker skeut gesonde olie, suurlemoensap en dalk ’n gekapte brandrissie.

Boetiegoed se Kerriegoed (Hoender-en Peerpotjie)


Porsies: 4

Bestanddele
800 g hoenderstukke
1 klein blikkie pere
1 ui, gekap
4 aartappels
2 eetlepels kerriepoeier
sout

Metode
Braai die ui in olie tot deurskynend.
Voeg die kerrie by en roer goed.
Voeg die hoenderstukke by en roer tot amper bruin.
Voeg 'n bietjie water en die aartappels by.
Prut vir 15 minute.
Voeg die pere met die stroop by.
Sprinkel met sout.
Kook tot gaar.

Sappige Hoenderfilette - die maklike manier


Porsies: 4 - 6

Bestanddele
15 ml (1 eetlepel) olyf- of avokado-olie
4 - 6 hoenderborsfilette
sout en peper
30 ml (2 eetlepels) suurlemoensap of witwyn

Metode
1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die filette vir ’n paar minute aan die een kant tot goudbruin. Geur na smaak.
2. Draai die filette om en braai ook aan die anderkant tot goudbruin. Die filet sal nog nie gaar wees nie.
3. Moenie in die versoeking kom om die filet te veel om te draai nie. Moet dit ook nie braai tot dit heeltemal gaar is nie, want dis juis wanneer die vleis maklik uitdroog.
4. Geur die ander kant ook na smaak. Draai die filet weer om, sodat die kant wat na bo gaan wys, na onder wys.
5. Stel die hitte laag, giet die suurlemoensap (of wyn) in die pan en sit dadelik die deksel op. Die vloeistof sal redelik stoom, maar hou die deksel op. Lig dit slegs vir ’n oomblik, indien nodig.
6. Laat die filet slegs vir 5 - 7 minute prut, tensy dit ’n baie dik filet is. Toets dit ná 5 minute deur op die dikste deel te druk. Die vleis moenie heeltemal styf wees nie. Dan is dit reeds te gaar. Dit moet nog effense sag wees in die middel en lekker sappig as jy dit sny. Dit moenie meer pienk wees nie.

Wenk
Gebruik enige vloeistof van jou keuse in die pan, soos wyn, aftreksel, verjuice of rooibostee. Dit sal saam met die vleissappe ’n sousie maak wat heerlik is om oor die vleis, stysel of groente te skep. Enige gegeurde olie is net so ’n lekker manier om ekstra geur aan ’n eenvoudige gereg te verleen.        

Nita van Nelspruit se Maalvleisgebak


Porsies: 3

Bestanddele
200 g maalvleis, gaar gemaak
3 hamburgerrolletjies, in die helfte gesny
2 pakkies Potato Bake
500 ml melk
3 velletjies geprosesseerde kaas
1 koppie gerasperde kaas

Metode
Plaas die onderste helfte van die rolletjies in 'n oondbak.
Pak die vleis bo-op elkeen.
Sit 'n velletjie kaas bo-op die vleis.
Bedek met die boonste rolletjies.
Maak die pakkies Potato Bake aan met die melk.
Gooi dit oor broodjies in die bak.
Sprinkel die kaas tussen die broodjies.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.

Thaise Groentekerrie


Bestanddele
1 ui, gekap
2 knoffeltoontjies, opgekap
1 teelepel gemmer, gekap
1 blik klappermelk
2 teelepels koljander, fyn
1 teelepel borrie
3 brandrissies, sade uitgekrap en opgesny (opsioneel)
1 teelepel vinkelsaad, gekneus
2 teelepel fyn komyn
1 teelepel fenegriek
2 rape, gekap
2 handevol spinasie
1 pak roerbraaigroente
sout

Metode
Braai die ui, knoffel en gemmer saam, en eenkant.
Voeg die klappermelk in 'n kastrol.
Voeg die speserye by, en laat prut vir 5 minute.
Voeg die res van die bestanddele by, prut vir 'n halfuur.
Bedien op rys.

Gemmertert Flan


Maak koekiekors van 1 pakkie gemmerkoekies, fynner gerol, en 4 E gesmelte margarine. Druk vas in tertbak en teen kante.  Vulsel:  Meng 250 ml kookwater, 250 ml gouestroop, 1 1/2 t fyn gemmer en knippie sout. Kook saam. Meng in beker: 30 ml mielieblom, 30 ml vlapoeier en 2 E koue water. Roer by stroopmengsel terwyl jy roer met draadklitser. Kook en roer tot dik. Skep in tertkors. Laat koud word en versier met styfgeklopte room.   Jy kan ook 2 E ingelegde, gekapte gemmer by vulsel roer.

Deel dit!

Karringmelk Krummel Hoender


Plaas 12 stukke hoender in enkellaag in ‘n glasbak. Sny 1 groot ui in ringe bo-oor.  Gooi 500 ml karringmelk oor en bedek met kleefplastiek Plaas oornag in yskas.  Meng 1 k koekmeel, 2 t mosterdpoeier, 2 t droë tiemie, 1 t rooipeper en 1 t sout.  Vee al die karringmelk af van hoender en sprinkel met hoenderspeserye. Rol elke stuk goed in meelmengsel. Laat vir 15 minute staan.  Maak olie medium-warm in ‘n diep kastrol. Braai hoenderstukke 15 minute aan een kant , draai dan om en braai nog 15 minute. Dreineer op kombuispapier en plaas dan in glasbak. Maak toe met tinfoelie en plaas in oond van 140 gr C vir 30-40 minute.  Bedien met gebakte uieringe, gebakte aartappels en slaaie.

Deel dit!

Jogurt Kaaskoek (Microgolfoond)


Maak 1 pakkie Tenniskoekies fyn en meng met 4 E gesmelte botter.  Druk vas in tertbak.   Meng 500 ml dik aarbei jogurt, 1 blikkie kondensmelk, 5 ml vanillageursel, sap en skil van 2 suurlemoene en 1 klein blikkie  gedreineerde, fyngedrukte aarbeie. Skep op kors. Plaas in mikrogolfoond op hoog vir 8 minute. Laat afkoel en plaas in yskas vir 4-6 ure. Bedien met vars aarbeie.

Deel dit!