Saturday, 23 January 2016

Aartappelslaai met pesto, aspersie en eier

Aartappelslaai met pesto, aspersie en eier

Dié slaai kan as ’n ete op sy eie geniet word.
genoeg vir 6

Bestandele
500 g baba-aartappels, geskil
45 ml olyfolie
250 g spek, grofgesny
170 g kort aspersies
1 x 165 g-houer basiliepesto
6 eiers
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
 
Metode
Plaas aartappels in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook vir 15 – 20 minute of tot aartappels sag maar nie pap is nie. Maak intussen die sous. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en braai spek tot goudbruin en bros, sowat 5 – 8 minute. Hou eenkant. Bring pot met water tot kookpunt en dompel aspersies daarin vir 30 sekondes. Plaas in slaaibak saam met gaar spek. Voeg pesto by en meng deur. Kook eiers vir 5 – 6 minute vir sagte eiers of langer as jy harder eiers verkies. Verwyder doppe en hou eenkant. Dreineer gaar aartappels en voeg by pesto-mengsel en gaar aspersies. Geur goed met sout en peper. Halveer eiers en plaas bo-op slaai. Sit voor.

No comments:

Post a Comment