Sunday 17 January 2016

Bak gesonde koekies in 30 minute

Bak gesonde koekies in 30 minute

Bestanddele

• 85 ml (85 g) sagte botter
• 175 ml (150 g) strooisuiker
• 1 groot eier
• 275 ml (150 g) koekmeel
• 2,5 ml bakpoeier
• 5 ml fyn kaneel
• 200 ml (75 g) hawermout
• 120 ml (50 g) gekapte pekanneute

Metode

1 Gooi al die bestanddele in ’n groot mengbak en meng goed.

2 Skep lepels vol van die mengsel op gesmeerde bakplate en druk dit effens plat. Laat genoeg ruimte tussenin sodat die koekies kan sprei.

3 Bak vir 15 minute teen 190 ̊C in ’n voorverhitte oond of tot goudbruin. Haal uit die oond uit en laat afkoel voor jy die koekies van die bakplate afhaal.

Variasies:

• Bak sjokoladeneut-koekies deur die kaneel weg te laat en 5 ml vanieljegeursel by te voeg. Sprinkel sjokoladeblokkies oor die koekies en druk dit liggies vas voor jy die koekies bak.

• Maak ’n grondboontjie-en-kersie-variasie deur die kaneel en pekanneute weg te laat en 85 ml korrelrige grondboontjiebotter en 50 ml gekapte glanskersies by te voeg.

• Vir rosyntjie-en-sesamkoekies moet jy die neute weglaat en 50 ml rosyntjies en 15 ml sesamsaad byvoeg.

No comments:

Post a Comment