Bully Beef Spaghetti Skottel
Bestanddele
500 ml spaghetti, gaar en gedreineer
1 blik pitmielies
1 blik bully beef, fyngemaak
1 groot tamatie, geskil en fyngekap
1 ui, fyngekap
25 ml pietersielie
1 green pepper, gekap
sout en gemaalde swartpeper
2 eiers, geklits in 125 ml melk
Metode
Meng alles deurmekaar.
Gooi in oondvaste bak en rasper so 200 gr kaas bo-oor.
Bak vir ongeveer 1 uur teen 180 grade C tot gaar en goudbruin.
No comments:
Post a Comment