Sunday 17 January 2016

Gemmerkoekies

Gemmerkoekies

Bestanddele

500 g sagte botter
500 ml sagte bruinsuiker
250 ml goue stroop
sowat 80 ml gemmerkonserf, gedreineer en fyn opgekap
1 kg bruismeel
10 ml elk koeksoda en kremetart
5 ml sout
2 ml gemaalde gemmer
2 eiers, geklits
ekstra koekmeel, indien nodig

Metode

Stel oond op 180 °C.

Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam.

Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in. Meng goed saam.

Voeg die eiers by en meng saam tot ‘n sagte deeg.

Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is. Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit.

Bak sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies. 

Wenk: Let op dat die deeg "loop". Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie. 

Ons het die deeg dun uitgerol en ‘n heerlike bros koekie gekry.

No comments:

Post a Comment