Sunday 17 January 2016

Gestoomde Vrugtepoeding

Gestoomde vrugtepoeding
 
BESTANDDELE
 
1/2 koppie korente 
1 koppie pitlose rosyne  
1 koppie sultanas  
1/2 koppie gemengde skil  
1 koppie koekmeel  
’n Knippie sout  
1 teelepel bakpoeier  
’n Bietjie gerasperde nutmeg (neutmuskaat)  
125 g botter 
200 ml gekapte niervet (suet) 
1/2 koppie vars broodkrummels  
2 eiers, geklits  
200 ml bruinsuiker  
2 eetlepels brandewyn 
2 eetlepels suurlemoensap  
75 ml melk 
 
METODE
Meng die korente, rosyntjies, sultanas en gemengde skil met ’n eetlepel meel. 
Sif die res van die meel, sout, bakpoeier en nutmeg en vryf die botter en niervet daarin. 
Voeg die krummels by en meng.
Voeg  die suiker by die eier en kilts tot opgelos. 
Voeg die brandewyn, suurlemoensap en melk by die eiermengsel. 
Roer die eiermengsel in die droë bestandele.
Voeg die vrugte by en meng goed. 
Vul ’n gesmeerde stoompoedingvorm of emaljeskottel 2/3's met die mengsel. 
Maak toe met ’n deksel of foelie. 
Stoom 4 uur lank in ’n kastrol met kookwater wat halfpad teen die poedingskottel op kom. Maak die kastrol eers na twee ure oop om te kyk of die water nog genoeg is. 
Keer die Poeding op ’n bord uit en bedien met vla.
 

No comments:

Post a Comment