Sunday 31 January 2016

Jam Tertjies

Jam tertjies

2 en ‘n halwe koppies koekmeel
1 koppie suiker
230 g margarien
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
Appelkooskonfyt gemeng met klapper

Room margarien en suiker. Klits eiers en vanilla saam. Voeg by margarien mengsel. Sif droee bestanddele by. Meng goed. Gebruik bietjie melk as deeg te styf is.

Plaas ‘n bolletjie deeg in die yskas. Druk die res vas op ‘n gesmeerde bakplaat. Smeer konfyt en klapper mengsel oor. Rasper die verkoelde deeg bo-oor.

Bak by 180 grade tot goudbruin. Sny in blokkies.

No comments:

Post a Comment