KITS SUURLEMOENVLATERT
Bestandele
500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk.
1¼ pak Tennisbeskuitjies.
Metode
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor. Herhaal die lae. Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel
No comments:
Post a Comment