Friday 15 January 2016

Maklike Pannekoek

Maklike Pannekoek

Hierdie is 'n maklike pannekoek resep wat ek sommer self bymekaar gegooi het.  Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.  

BESTANDDELE:
2 koppies(500ml) koekmeelblom
2 eiers
Halwe teelepel sout (2.5ml)
1 teelepel (5ml) bakboeier
Halwe koppie (125ml) Kookolie
1 eetlepel (15ml) Asyn
1 koppie (250ml) Melk
2 koppies (500ml) Water
Bietjie olie vir bak
Suiker en kaneel na smaak  
   
METODE:
Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met 'n klitser. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet.  

No comments:

Post a Comment