Neute Lekkers (Peanut Clusters)
Bestanddele
150 g sjokolade blok
100 g neute – grof gekap (pekanneute of grondboontjies)
Metode
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Opsioneel (Versiering)
50 g wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is. Bêre in lugdigte houer.
No comments:
Post a Comment