Sunday 17 January 2016

Peppermint Crisp Mousse

Peppermint Crisp Mousse

2 eiergele
80 ml (⅓ k) strooisuiker
250 ml (1 k) melk
100 g donkersjokolade
250 ml (1 k) room
1 stafie Peppermint Crisp, gerasper
15 ml (1 e) gelatien, gespons in 45 ml (3 e) water

Verhit die melk in ’n kastrolletjie tot net voor kookpunt.

Klits die eiergele en suiker saam, meng ’n bietjie melk by en voeg dan die hele mengsel by die res van die melk.

Roer aanhoudend en verhit tot effens verdik.

Verwyder van die hitte en voeg die sjokolade by.

Roer tot gesmelt, bedek met kleefplastiek en laat afkoel.

Klits die room tot styf en vou die sjokolade-vla en die Peppermint Crisp daarby in.

Verhit ’n paar sekondes in die mikrogolf tot net gesmelt.

Vou by die sjokolademengsel in, skep in glasies en verkoel tot gestol.

Sit voor saam met ekstra geklopte room en Peppermint Crisp-sjokolade.

No comments:

Post a Comment