Tuesday 2 February 2016

Kruie-stokbrood

Kruie-stokbrood

Bestanddele

• 500 g (890 ml) volkoringmeel
• 100 g (250 ml) hawermout-semels
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 10 g sout
• 45 ml kanola-olie
• 100 g cheddarkaas, fyngerasper
• hand vol gemengde kruie, fyngekap
• 500 ml louwarm water

Metode

Plaas meel, semels, gis, sout, olie, kaas en kruie in elektriese menger se bak. Meng by medium-spoed met staafmenger terwyl jy genoeg water bygooi om sagte kniebare deeg te vorm. Knie 5 – 8 minute by hoë spoed of tot deeg in een bal saamkom. Plaas in skoon mengbak wat gesmeer is met olie en bedek met kleefplastiek. Laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute. Sorg intussen dat die kole medium-warm is. Sny stokke van jou keuse, so 30 cm lank. Verdeel deeg in 6 balle en rol elkeen in lang wors. Draai in spiraal om punt van die stok. Braai 5 – 8 minute per kant oor warm kole of tot goudbruin en gaar. Sit louwarm voor.

No comments:

Post a Comment