4 porsies
Verhit oond tot 180 °C. Verhit 30 ml olyfolie en 30 ml botter in ’n pan. Sny 500 g strepiespek in klein blokkies. Voeg by olyfolie en botter en braai tot bruin. Voeg 1 gekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by. Braai tot ui en knoffel sag is. Voeg 2 pakke (40 g elk) bronkors by. Meng deur tot bronkors net verlep het. Kook 1 pak (500 g) conchiglioni-pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Vul elke skulp met spekvulsel en pak in groot oondbak. Gooi 500 ml room en 100 g fyn gerasperde parmesaankaas oor. Geur met klein bietjie sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas in oond vir sowat 20 minute en sit dadelik voor.
No comments:
Post a Comment