Bros Koekies
Bestanddele
50 ml botter
50ml gouestroop
50 ml bruinsuiker
50 ml meel
5ml gemmer
Metode
Voer ’n bakplaatmet bakpapier uit en spuit met kleefwerende middel.
Smelt die botter, gouestroop en bruinsuiker saam. Laat kook vir 2 minute.
Voeg die meel en gemmer by en roer tot gemeng. Laat afkoel in die yskas.
Rol klein balletjies van die deeg en bak teen 180˚C tot goudbruin.
Haal uit en laat afkoel
No comments:
Post a Comment