Geurige seekos-rys
Bestanddele
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
100 g chorizowors
24 mossels, skoongemaak
1 koppie (250 ml) basmati-rys
500 ml hoenderaftreksel
200 g bevrore ertjies
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode
Verhit olyfolie in middelslagpot. Voeg ui, knoffel en wors by. Braai 5 tot 8 minute of tot begin verbruin.
Voeg mossels en rys by en braai vir 2 minute.
Gooi aftreksel oor en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 15 tot 20 minute of tot rys gaar is.
Roer ertjies by en bring weer tot kookpunt.
Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.
No comments:
Post a Comment