Saturday 23 January 2016

Groenbone-en-peerslaai

Groenbone-en-peerslaai

Die soet van die pere smaak heerlik saam met die groenbone.
Genoeg vir 4 porsies

Bestandele
• 45 ml rooiwyn-asyn
• 60 ml olyfolie
• hand vol grasuie (chives), gekap
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
• ½ ui, baie fyn gesny
• 2 x 180 g-pakkies dun groenbone, vir 3 minute in kookwater gedompel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml kanola-olie
• 2 ferm pere, ontklok en in halwes gesny
• 50 g okkerneute
• 30 g parmesaan-skaafsels

Metode
Meng asyn, olyfolie, kruie en ui met draadklitser in middelslag-mengbak. Voeg groenbone by en meng. Geur met sout en peper. Verhit olie tot warm in middelslagbraaipan. Plaas pere met gesnyde kant na onder in warm pan. Braai 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg neute by en braai nog 2 minute of tot neute ook goudbruin is. Voeg pere en neute by groenboonmengsel. Meng. Plaas in opdienbak en sprinkel parmesaan oor. Sit voor.

No comments:

Post a Comment