Grondboontjiebotter-koekies
Bestanddele
170 g botter
200 g (250 ml) bruinsuiker
5 ml vanieljegeursel
1 eier
285 g grondboontjiebotter
260 g (465 ml) koekmeel
5 ml koeksoda
Metode
Verhit oond tot 180 °C.
Room botter, bruinsuiker en vanielje met ‘n elektriese menger tot lig en romerig.
Voeg eier en 185 g grondboontjiebotter by en meng goed.
Voeg meel en koeksoda by. Meng tot ‘n sagte koekiedeeg.Rol in klein balletjies van sowat 25 g elk.
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei.
Sit koekies op bakplaat, sowat 2 cm tussen elkeen. Druk effens plat met vingers tot sowat 5 mm dik.
Smeer ‘n bietjie van res van grondboontjiebotter op elke koekie.
Bak vir 12 -15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
No comments:
Post a Comment