Monday 25 January 2016

Kreef-oor-die - kole met knoffel-en-kruie-botter

Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruie-botter

Bestanddele

100 g botter

4 knoffelhuisies, gekap

hand vol gemengde kruie, fyngekap

6 kreefsterte, in lengte gehalveer

200 g vars aspersies

2 suurlemoene

sout en varsgemaalde swartpeper

100 g slaaiblare van jou keuse

45ml olyfolie

Metode

Kry die kole reg tot medium-warm – jy moet jou hand sowat 10 sekondes so 20 cm bo die kole kan hou.

Meng botter, knoffel en kruie. Smeer kruiebotter op gesnyde kant van kreef en sit op rooster. Laat stadig braai vir sowat 5 – 8 minute. Draai om.

Sit nou aspersies ook op rooster. Druk sap van 2 suurlemoene oor aspersies en kreef uit. Geur goed met sout en swartpeper.Laat braai vir nog 5 minute of tot kreef gaar is.

Sit slaaiblare op opdienbord gevolg deur gaar kreef en aspersies. Sprinkel olyfolie oor en sit voor.

Wenk: Kreef is gaar sodra die hele dop bloedrooi raak. Kyk by jou naaste viswinkel vir bevrore kreefsterte.

No comments:

Post a Comment