Wednesday 27 January 2016

Marmite-tert

Marmite-tert

Bestandele
•60 ml Marmite
•60 ml botter
•2 ml sout
•10 ml bakpoeier
•500 ml meel
•200 g botter
•500 ml gerasperde cheddarkaas
•250 ml melk
•2 eiers

Metode
Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.

No comments:

Post a Comment