Thursday 21 January 2016

Selfsous Sjokolade Poeding

Selfsous Sjokolade Poeding

Bestanddele:

250 ml koekmeel 
250 ml bruin suiker

15 ml bakpoeier    
 25 ml kakao

2 ml sout   
2 skeppies koffie poeier

175 ml wit suiker

25 ml kakao                                       
175 ml melk

60 ml olie

3 ml vanielje

350 ml kookwater

Metode:

1. Stel oond op 180 grade en smeer 'n groot oondbak sodat die
beslag in totaal ongeveer 1/3 van die bak inneem.  Die rede hiervoor is dat die stroop van onder af deur die poeding se kors oop breek en as die bak te klein is sal die sous oor die bak se rand stoot.

2. Sif saam die koekmeel, bakpoeier, sout, suiker en kakao.

3. Voeg daarby die melk, olie en vanielje.

4.  Klop bestanddele goed en gooi in die oondbak.

5.  Strooi bo-oor die bruin suiker, kakao en koffiepoeier

6.  Spoel die mengbak met 350 ml kookwater en gooi bo-oor die beslag deur die volgende metode te gebruik: gooi die water
versigtig oor die ronde kant van 'n lepel sodat dit nie gate in die beslag maak nie. Jy wil he die water moet bo-op die beslag wees en nie werklik meng met die beslag nie.

7. Bak vir 30 - 35 minute.
 
Belangrik: Die poeding lyk eers soos 'n gewone gebakte poeding, en ongeveer by 20 - 25 minute in die baktyd in begin 'n dun sous bo uit borrel, en op ongeveer 30-35 minute is die dun sousie heerlik dik en taai. 

Die bruin suiker kan halveer word indien verkies.

Bedien met room, roomys, vla of klapper room.

Variasies: Klapper, neute en gekapte dadels kan ook bo-oor die beslag gegooi word voordat dit gebak word.

No comments:

Post a Comment