Friday 22 January 2016

Skaapskenkelpot met kluitjies

Skaapskenkelpot met kluitjies

Skaapskenkelpot:

3 uie, in skywe gesny
2 eetlepels kookolie
1,5 kg skaapskenkels
4 eetlepels meelblom
2 teelepels sout
¼ teelepel swartpeper
 ¼ teelepel koljander
2 rape, opgekap
4 kruinaeltjies
paar takkies vars tiemie
2 koppies kookwater
2 geelwortels, opgekap
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
 
Deeg vir kluitjies:

2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
6 eetlepels botter
2 eiers
6 eetelpels melk
½ koppie fyngekapte pietersielie
1 gerasperde ui
1 teelepel vars tiemie
knippie swartpeper
 
Metode:

Braai die uie in die kookolie tot glaserig, skep dan uit.
Rol die vleis in meelblom wat gegeur is met die sout, swartpeper en koljander.
Braai die vleis tot dit geseël is van buite. 
Voeg die raap, kruinaeltjies, tiemie, gebraaide uie en kookwater by, sit die deksel op en laat dit stowe vir +-45 tot 60 minute.
Voeg die geelwortels en aartappels by en prut tot sag (+-30 tot 40 minute). 
Maak die kluitjies aan as volg:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter daarin.

Klits die eiers en melk en roer die pietersielie, ui, tiemie en sout by.

Meng dit alles saam tot ‘n taamlike stywe beslag.

Skep lepelsvol kluitjies in die vloeistof op die vleis en groente. Prut vir 20 minute sonder om die deksel op te lig.

No comments:

Post a Comment