Thursday 21 January 2016

Souskluitjies

Souskluitjies

Bestanddele

120 g (215 ml) koekmeel

10 ml bakpoeier

1 ml sout

15 ml botter

1 eier

125 ml melk

2,5 ml fyn kaneel

15 ml suiker

15 ml botter

Stroop

5 ml botter

30 ml suiker

2 ml fyn kaneel

Metode

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Vryf botter in die mengsel in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam en voeg by meelmengsel. Meng goed tot ‘n stywe deeg. Laat staan vir 15 minute.

Plaas 500 ml water in ‘n kastrol en voeg ‘n knippie sout by. Bring tot kookpunt en stel dan die hitte tot baie laag. Skep eetlepels vol van deeg in water en sit die deksel op. (Moenie te veel op ‘n slag in pot plaas nie.) Kook 8 – 10 minute.

Meng die 15 ml suiker en 2,5 ml kaneel om kaneelsuiker te maak. Skep die kluitjies uit die water in ‘n bak, strooi kaneelsuiker oor en stip met die 15 ml botter.

Maak die stroop:Voeg die 5 ml botter, 30 ml suiker en 2 ml kaneel by die water waarin die kluitjies gekook het. Gooi die stroop oor kluitjies en
sit dadelik voor.

No comments:

Post a Comment