Sunday, 17 January 2016

Vlakoekies

Vlakoekies

Bestanddele
250 g (½ blok) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
125 ml (½ k) geelsuiker
1 eier
5 ml (1 t) vanielje
2½ k koekmeel
187 ml (¾ k) vlapoeier
2,5 ml (½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
knypie sout
Versiersel:
60 ml (4 e) botter
75 ml (5 e) versiersuiker, gesif

Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en suiker tot liggeel en romerig.
2. Klits eier en vanielje en roer by bottermengsel.
3. Sif meel, vla, bakpoeier, koeksoda en sout en roer by bottermengsel tot deeg vorm.
4. Rol in balletjies. Sprinkel koekmeel in hande as deeg aan in hande vassit.
5. Plaas koekies redelik ver uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
6. Bak vir 15 minute of tot goudbruin.
7. Laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
8. Versiersel: Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjiesgewys by en klits tot goed gemeng.
9. Smeer versiersuiker tussen twee koekies.

No comments:

Post a Comment