Saturday 23 January 2016

Waldorf-slaai

Waldorf–slaai

Bestanddele

1 Golden Delicious-appel

1 rooi appel

125 ml romerige mayonnaise

100 ml crème fraîche

100 ml Bulgaarse jogurt

30-40 ml suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

6 hande vol blaarslaai (probeer kleinerige blare kry of breek dit in stukke)

Metode

Sny die appels in dun julienne-repies (of blokkies). Meng die romerige mayonnaise saam met die crème fraîche en jogurt. Voeg die suurlemoensap by en geur met sout en swartpeper. Vou die gesnipperde appels (of blokkies appels) en die soet okkerneute (sien onder) by. Sit voor op ’n hand vol blare.

Soet okkerneute

Dis die moeite werd om jou okkerneute só te berei.

Bestanddele

• 170 g (1½ koppie) okkerneute
• 250 ml melasse 
• 125 ml esdoringstroop
• 125 ml heuning 
• 50 ml appelsap 
• 500 ml sonneblomolie

Metode

Verhit die melasse, esdoringstroop en heuning in ’n pan. Voeg die appelsap by en meng goed. Bring tot kookpunt en voeg die okkerneute by.

Verlaag die hitte en laat die okkerneute vir 5 minute kook (moenie oor hoë hitte kook nie, dit kan brand).

Verhit intussen die sonneblomolie tot baie warm in ’n ander kastrol.

Dreineer die neute in ’n vergiettes. En moenie skrik nie – die neute gaan swart wees.

Plaas die neute in die sonneblomolie en braai vir net 1 minuut tot bros. Haal versigtig uit en dreineer op kombuispapier. Kap grof wanneer dit afgekoel het.

 

No comments:

Post a Comment