Drie Soorte Plaatkoekies
LEWER 32 PLAATKOEKIES
BASIESE RESEP:
500 ml (2 k) bruismeel (of 500ml koekmeel en 15ml bakpoeier)
3 eiers, geklits
275 ml (1¼ k) karringmelk
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai
VARIASIES: (voeg by basiese mengsel bo)
Tuna en pitmielies...
1 blik (170 g) tuna, gedreineer
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
2 stingeluie, fyn gekap
Spinasie en spek...
500 ml (2 k) fyn gekapte spinasie
125 g spek, gebraai en fyn gekap
Botterskorsie en feta...
500 ml (2 k) gerasperde botterskorsie
2 wiele (200 g) fetakaas, gekrummel
’n knippie komyn
Basiese resep:
1. Meng die basiese bestanddele vir die plaatkoekies goed.
2. Variasies: Besluit op ’n variasie.
3. Roer die variasiebestanddele deur die beslag en geur met die sout en peper.
4. Laat staan sowat 10 minute.
5. Verhit ’n bietjie olie en braai lepels vol van die mengsel oor matige hitte tot gaar en goudbruin aan albei kante.
- Huisgenoot Digitaal
No comments:
Post a Comment