Saturday 6 February 2016

Korslose Kaas-quiche

Korslose kaas-quiche

Bestanddele

• 60 ml botter
• 60 ml meel
• 150 ml melk
• 5 groot eiers, liggies geklits
• 1 x 250 g-bakkie gladde maaskaas
• 2,5 ml Dijon-mosterd
• 2,5 ml bakpoeier
• 100 g gruyère of beleë cheddar, gerasper
• 5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
• 30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit

 

Metode

1 Smelt die botter in ’n kastrol. Gooi die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Sit terug op die plaat en laat vir vyf minute kook – roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.

2 Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak.

3 Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond teen 180 °C, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus. Sny en sit met roket voor.

 

No comments:

Post a Comment