Tuesday, 2 February 2016

Mango Atjar

MANGO ATJAR
Braai saam tot sag in groot kastrol;
30 ml kookolie,
2 gekapte uie,
 2  gekapte knoffelhuisies,
1 klein, vars brandrissie,
 3 t fyn koljander,
3 t  fyn mosterdpoeier,
2 rooi – en 2 groen soetrissies, gekap.
 Voeg by:
2  kg mango stukkies,
500 ml wit asyn,
1½k suiker 
 1 t sout.
Kook  deur so 45-50 minute .
Roer af en toe, pasop vir aanbrand.
As nog waterig, roer 1 E maizena, gemeng met bietjie water, by.
Kook deur en  skep in gesteriliseerde bottels.
Draai toe as heeltemal afgekoel. Jy kan ook minder suiker en meer asyn byvoeg…hang af van jou smaak, proe maar

No comments:

Post a Comment