Saturday, 20 February 2016

Mielieskons

’n Baie lekker ontbytresep.
Sowat 8 skons

• 280 g (500 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• knippie sout
• 315 ml melk
• 25 ml sonneblomolie
• 1 eier
• ½ x 340 g-blik mielies, gedreineer
• 1 geklitste eier

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.

Stap 2. Klits melk, olie en eier saam in ’n bak.

Stap 3. Voeg mielies by gesifte meelmengsel en meng goed deur. Voeg geklitste melkmengsel by. Meng goed deur tot ’n deeg vorm. Die deeg lyk miskien slap, maar dis reg so.

Stap 4. Keer deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en druk plat met jou hande tot so 4 cm dik. Druk uit met ’n ronde koekiedrukker van sowat 6 – 8 cm in deursnee. Plaas skons op ’n uitgevoerde bakplaat en verf geklitste eier bo-op met ’n kwassie. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute. Haal uit en sit warm voor met botter.

No comments:

Post a Comment