MURGPAMPOENTJIEKOEK MET SJOKOLADE ROOMKAAS
Edik van Nantes se Nataniël en Erik bring hulde aan sjokolade met dié murgpampoentjie-koek met sjokolade-roomkaas.
Koek:
3 k bruismeel
1 t bakpoeier
½ t sout
2 k suiker
3 eiers, geklits
1 k groente-olie
2 t vanielje-ekstrak
1 t fyn kaneel
skil van ½ suurlemoen, fyn gerasper
2 k murgpampoentjie, fyn gerasper
½ k okkerneute
METODE
Meng bruismeel, bakpoeier, sout en suiker saam in ’n groot mengbak.
Meng eiers, olie, vanielje, kaneel, skil en murgpampoentjie saam.
Vou by meelmengsel.
Vou neute by.
Voer bodems van twee kleefvrye losboompanne (22 cm in deursnee) met bakpapier.
Verdeel beslag tussen twee panne en maak bokante gelyk.
Bak in oond teen 180 ˚C vir 45 minute.
Laat afkoel in panne.
Sjokolade-roomkaas:
250 g roomkaas
2 e vars room
2 tot 3 k versiersuiker
120 g donker sjokolade, gesmelt
METODE
Klits roomkaas tot lig en skuimerig.
Vou room by.
Meng versiersuiker by tot romerig maar ferm.
Smeer versiersel mildelik op elke koek en plaas bo-op mekaar.
Opsioneel: Versier met skerwe donker sjokolade.
Bron:kyknet.dstv.com
No comments:
Post a Comment