Partytjieworsies
Bestanddele
2 pakkies varkworsies
1 e olie
½ k gouestroop of heuning
¼ k soetrissiesous
¼ t brandrissievlokkies
pienk peperkorrels vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Metode
Vryf die worsies met die olie in.
Pak op ’n bakplaat en bak sowat 10-15 minute tot goudbruin en opgepof. Haal uit die oond en laat effens afkoel.
Meng die gouestroop en soetrissiesous en brandrissievlokkies.
Bedruip die worsies met die helfte van die sous en bak dan verder tot deurwarm. Draai die worsies om en bedruip met die res van die sous.
Sny elke worsie in die helfte en smeer met van die sous wat in die pan agtergebly het.
Steek ’n stokkie deur elkeen en garneer met pienk peperkorrels.
No comments:
Post a Comment