Wednesday, 17 February 2016

Smoky bacon-en-lensiesop

Smoky bacon-en-lensiesop

Bestanddele

Olyfolie
500 g skouerspek, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
2 ml komyn
2 ml gerookte paprika
2 selderystingels, fyngekap
2 groot wortels, gerasper
1 koppie lensies
1 l groenteaftreksel
1 blik heel pruim-tamaties
Sout, peper en Parmesaan-kaas na smaak
‘n Handvol gekapte platblaar-pietersielie

Metode

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n kastrol en braai die spek tot effens bros. Haal uit en hou eenkant.

Soteer die uie en speserye in die spekvet tot sag en glansend. Voeg die seldery en wortels by en soteer oor matige hitte tot sag.

Roer die lensies by, dan die aftreksel en tamaties en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en laat prut vir 30 minute of tot die lensies sag is. Roer die pietersielie by en geur met sout en peper. Sprinkel Parmesaan-skaafsels bo-oor en bedien.

No comments:

Post a Comment