Wednesday, 17 February 2016

Wasgoedbondeltjies Broskors

WASGOEDBONDELTJIES BROSKORS

4 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
250 gram margarien
yswater

1. Sif droë bestanddele saam.
2. Vryf botter in en maak met yswater aan tot hanteerbare deeg.
3. Rol 1 cm dik uit en sny in vierkante van 8 x 8 cm.
4. Skep vulsel in middel van deeg, vou punte van deeg na die middel en steek met kruie naeltjie vas.
5. Braai in warm olie tot goudbruin.

MAALVLEISVULSEL

1. Maak n lekker vulsel van bees en varkmaalvleis of kombinasie van die twee.
2. Maak maar jou vulsel volgens smaak met aartappelblokkies, gerasperde tamatie en speserye waarvan julle hou bv naeltjies, koljander, sout peper ens.
3. Vulsel moenie te souserig wees dan gaan dit uitloop as jy dit in olie braai.

My variasie van wasgoedbondeltjies. Koop skilferkors deeg (Woollies is baie duur maar baie lekker) Skep maalvleisvulsel op vierkante maak jou bondeltjies soos by ander resep , verf met geklitse eier en bak in oond 200°C tot mooi buin en gaar. Dis nie so vetterig soos die in olie nie.
As jy in die oond bak moet jy skilferkors gebruik. Broskors is te droog en skilferkors werk weer nie vir olie braai nie. Klink baie werk maar as jy eers aan die gang is gaan dit gou.

MAKLIKE SKILFERKORSDEEG

4 koppies meel
1 koppie kookwater
1 teelepel sout
500 gram margarien

1. Smelt margarien in kookwater. Voeg meel en sout by en roer deur. Deeg is sag en warm.
2. Plaas in yskas om styf te word. Ek doen dit die vorige aand en haal dit dan so uur voor gebruik uit dat dit nie te styf is nie.
3. Deeg is baie veelsydig. Ek gebruik dit vir my pasteie klein of groot, horinkies en wasgoedbondeltjies eintlik alles wat deeg benodig. Deeg vries ook goed. Werk maar vroeg daarmee want in die hitte word dit pap en onhanteerbaar.

No comments:

Post a Comment