Jy benodig
800 g calamariringe, heeltemal ontdooi
botter vir braai
sonneblomolie vir braai
broodrolletjies
slaaiblare
Vir die cajun-speserymengsel
1 koppie mielieblom (of koekmeel)
1 teelepel knoffelvlokkies
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel Italiaanse kruie
½ teelepel komynpoeier
½ teelepel gemaalde swartpeper
½ teelepel paprika
½ teelepel rooipeper
¼ teelepel borrie of kerriepoeier
Vir die pienksous
1 koppie mayonnaise
4 pikantrissies (peppadews), gekap
1 eetlepel tamatiesous of soet rissiesous
1 teelepel fyngekapte dille
Só maak jy
1 Spoel die calamari af en druk dit met ’n skoon vadoek of kombuispapier droog.
2 Meng die bestanddele vir die Cajun-speserymengsel en gooi dit in ’n plastieksak. Gooi die calamari in die sak en skud dit rond.
3 Meng al die bestanddele vir die pienksous in ’n voedselverwerker. Verdun dit met kookwater, indien jy dit so verkies.
4 Verhit ’n paar eetlepels elk botter en sonneblomolie in ’n groot swaarboompan totdat dit baie warm is, maar nie rokend nie. Haal die calamari uit die sak, skud die oortollige speserymeel af en versprei die ringe eweredig in die pan. Skud die panrond en draai die calamari om. Die calamari sal binne 1-2 minute gaar wees. Moenie dit te lank braai nie, anders sal dit taai raak.
5 Eet dit dadelik op ’n sagte broodrolletjie met slaaiblare en ’n skeppie pienksous oor.
No comments:
Post a Comment