Lewer 1 brood
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 45-50 minute
Koek
2 eiers
180 ml (¾ k) suiker
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) melk
310 ml (1¼ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) kakao
5 ml (1 t) kitskoffiepoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Versiersel
45 ml (3 e) kakao
180 ml (¾ k) versiersuiker
35 ml (7 t) aangemaakte koffie
sjokoladekrulle vir afronding (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 20 x 10 cm.
Koek Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak en klits sowat 3 minute goed met ’n elektriese
klitser tot al die bestanddele goed gemeng en glad is.
Giet in die voorbereide pan en bak 45-50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat effens in die pan afkoel en keer op ’n draadrakkie uit om heeltemal af te koel.
Versiersel Klits al die bestanddele behalwe die sjokoladekrulle saam en giet oor die koek. Sprinkel sjokoladekrulle oor indien verkies.
No comments:
Post a Comment