Tuesday, 1 March 2016

Hawermoutwafels


10 – 12 porsies

310 ml hawermout
500 ml volkoringmeel
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
2,5 ml sout
2 eiers
580 ml vetvrye melk
50 ml kanola-olie
5 ml vanieljegeursel
Bolaag

500 g vetvrye maaskaas
120 ml vetvrye vanieljejogurt
1 vanieljepeul se saadjies
60 ml suiker-plaasvervanger
vars vrugte
vars mentblare vir versiering (opsioneel)
Maak die hawermout in ’n voedselverwerker fyn tot ’n meel. Meng die hawermoutmeel, volkoringmeel, bakpoeier, suiker en sout. Klits eiers saam met melk, olie en vanieljegeursel. Meng die twee mengsels. Verhit ’n wafelpan. Spuit die pan met kleefwerende kossproei. Bak wafels tot gaar en hou warm. Bolaag Klits die maaskaas, jogurt, sade en suikerplaasvervanger saam. Hou in yskas.Sit voor met jogurtroom en vrugte. Garneer met mentblare.

No comments:

Post a Comment