Plaas 12 stukke hoender in enkellaag in ‘n glasbak. Sny 1 groot ui in ringe bo-oor. Gooi 500 ml karringmelk oor en bedek met kleefplastiek Plaas oornag in yskas. Meng 1 k koekmeel, 2 t mosterdpoeier, 2 t droë tiemie, 1 t rooipeper en 1 t sout. Vee al die karringmelk af van hoender en sprinkel met hoenderspeserye. Rol elke stuk goed in meelmengsel. Laat vir 15 minute staan. Maak olie medium-warm in ‘n diep kastrol. Braai hoenderstukke 15 minute aan een kant , draai dan om en braai nog 15 minute. Dreineer op kombuispapier en plaas dan in glasbak. Maak toe met tinfoelie en plaas in oond van 140 gr C vir 30-40 minute. Bedien met gebakte uieringe, gebakte aartappels en slaaie.
Deel dit!
No comments:
Post a Comment