Kerrie Frikadelle
Meng vir frikadelle;
500 gr maalvleis, 1 eier, 1 dik sny brood in water geweek,1/2 t sout, 1 t fyn koljander en 1/2 t cumin. Maak bolletjies en pak in bakskottel. Sous: Braai 2 gesnyde uie in bietjie kookolie, 2 t medium kerriepoeier, 1 t borrie, 2E appelkooskonfyr, 3 t suiker, 60 ml asyn, 2 gerasperde appels en 1/2 t sout. Meng 1 E meelblom/maizena in 1 1/2 k water en roer by. Kook deur en gooi bo-oor bolletjies. Bak by 180 gr C vir 1 uur tot gaar en sous dik. Bedien op spagetti of rys.
Deel dit!
No comments:
Post a Comment