Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: sowat 1½ uur
Gaarmaaktyd: sowat 20 minute
Staantyd: 1 uur
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 cm vars gemmerwortel,
gerasper
250 ml (1 k) gekapte koljander
1 groen brandrissie, gekap
3 ml (ruim ½ t) borrie
10 swartpeperkorrels
sout
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
30 ml (2 e) olie
4-6 lamstjoppies
Plaas die knoffel, gemmer, koljander, brandrissie, borrie, peper en sout na smaak in ’n voedselverwerker en maak goed fyn tot ’n pasta vorm.
Meng die pasta met die jogurt. Giet oor die tjops en marineer ’n uur.
Braai op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om.
Sit voor met oondgebakte aartappelskyfies en slaai.
Blitswenk: Meng koljanderpesto by die jogurt in vir ekstra koljandergeur.
No comments:
Post a Comment