Wednesday 4 January 2017

Lamsvleis-en-boontjiebredie

Hierdie bredie is glutenvry!

Omdat bredies dikwels hoog in vet is, kan jy gerus jou bredie die dag vooraf maak; sodoende kan jy die vet afskep sodra dit afgekoel het. Die boontjies in dié resep neem die heerlike vleisgeur op en is ‘n gesonde bestanddeel wat sorg vir ekstra proteïen en volop vesel.

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 50 minute

• 1 kg maer lamstowevleisblokkies (met die bene)
• 2 groot uie, gekap
• 3 heel wonderpeperkorrels
• 4 naeltjies
• 45 ml olyfolie
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 4 kaneelstokkies
• 1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
• 2 blikke tamaties
• 250 g groenboontjies, gekerf
• 1 blik niertjieboontjies, gedreineer
• gaar bruinrys om voor te sit
1 Sny enige sigbare vet van die vleis af. Gooi 250 ml water in ‘n groot kastrol, verhit dit tot kookpunt en voeg dan die ui, wonderpeperkorrels en naeltjies by. Laat dit prut totdat die water verdamp het. Gooi die olyfolie by en braai die mengsel totdat die ui goudbruin verkleur. Voeg dan die vleisblokkies, knoffel, kaneelstokkies en gemmer by. Kook die mengsel en roer dit die heeltyd totdat die vleis begin verbruin.
2 Voeg die tamaties by, sit die deksel op en laat dit vir een uur prut. Haal die pot van die plaat af en laat dit eenkant afkoel. Sodra dit heeltemal koud is, skep al die vet af wat bo-op die bredie gevorm het.
3 Verhit die mengsel weer en laat dit vir 30 minute prut. Voeg die boontjies by en laat dit prut vir nog 20 minute of tot die boontjies sag is. Sit dit saam met bruinrys voor

No comments:

Post a Comment