Friday 15 January 2016

Alles-in-een-ontbyt

Alles-in-een-ontbyt

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

 

Worsmengsel

6 eiers, hardgekook en afgedop
sout en pas-gemaalde peper
4 Russiese worsies (Russians), in skyfies gesny

Sous

500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous
1 blik (410 g) geroomde pitmielies
10 ml (2 t) mosterdpoeier
paar druppels tabasco sous
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

 

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.

 

1.  Worsmengsel: Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak.

     Geur met die sout en peper en versprei die worsies bo-op.

2.  Sous: Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.

     Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.

3.  Bak 20 minute of tot goudbruin bo-op.

4.  Sit voor saam met vars basiliekruid (basil).

No comments:

Post a Comment