Friday 15 January 2016

Ontbyt-broodpoeding

Ontbyt-broodpoeding

8 Eiers
1l Melk
1 Pakkie wit uiesoppoeier
8 Croissants oopgesny, maar nie deur gesny nie
170g Ham in repies gesny
300g Gerasperde Chedderkaas
'n paar takkies tiemie , blaartjies verwyder 
Sout
Varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat
 

Voor verhit die oond op 160*C, smeer oondvaste bak van 20 x 30 x 5cm goed met botter

Klits die eiers, melk, en wit uie soppoeier saam en geur met kruie

Vul die croissants met die ham en helfde van die kaas

Rangskik die croissants in die oondvaste bak sodat dit soos toebrooitjies oorvleul en strooi die tiemie blaartjies oor.

Giet die eiermengsel oor die croissants en druk dit sodat die mengsel geabsorbeer word, strooi die res van die kaas bo-oor

Bak vir ongeveer 1 uur tot gepof, goudbruin en gaar.

Bedien warm saam met sampioene, knoffelbotter en tamaties

No comments:

Post a Comment