Friday 15 January 2016

Bakpoeier Vetkoek

Bakpoeier Vetkoek

Bestandele
2 k koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout water om mee aan te maak
olie vir bak

Metode:
Verhit olie stadig in swaarboomkastrol oor matige hitte tot warm.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg water bietjies-bietjies by en meng tot slap deeg.

Skep lepelsvol van die beslag in die warm olie en bak die vetkoeke tot goudbruin. Dreineer die vetkoeke op bruin- of handdoekpapier en vul dit met appelkooskonfyt of maalvleis.uit.

No comments:

Post a Comment