Friday 15 January 2016

Mikrogolf-melkkos

Mikrogolf-melkkos

Bestanddele

100 ml (70 g) sago
1 liter (4 k) melk
30 ml (2 e) botter
2 eiers, geskei
75 ml (5 e) koekmeel
20 ml (4 t) vlapoeier
2 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) water
60 ml (¼ k) suiker
2 ml (½ t) fyn kaneel

Metode

Plaas die sago en 250 ml (1 k) van die melk in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 2½ minute op hoog.      

Roer goed en laat ’n rukkie staan.

Voeg die oorblywende melk en botter by en mikrogolf nog 15 minute. Roer ná elke 5 minute.

Klits die res van die bestanddele behalwe die eierwitte saam en roer by die sagomengsel in.

Mikrogolf 6 minute en roer ná die eerste 3 minute.

Klits die eierwitte styf en vou by die sagomengsel in. Sit warm voor saam met kaneelsuiker.

WENK

Jy kan ook ’n kaneelstokkie en 2 kardemomsade by die melk voeg. Verhit tot louwarm en verwyder die speserye.

No comments:

Post a Comment