Friday 15 January 2016

Bobotie

Bobotie

WAT JY BENODIG:

500g mince
30ml olie
1 groot wortel, geskil en gerasper
2 uie - gekap
10ml gekapte knoffel
5ml elk van die volgende:
Gemaalde koljander
Gemaalde gemmer
Kerriepoeier
Kaneel
Borrie
Suiker of Appelkooskonfyt
Sout
15ml vars suurlemoensap of witwyn asyn
dik snye witbrood in melk geweek
125ml amandelneute (in skywe gesny) of amandelflokkies
3-4 lourierblare
250ml melk of karringmelk
2 eiers
Sout & peper na smaak
 
MAAK SO:

Braai die uie en knoffel in die olie en voeg die mince by.
Kook tot die mince bruin en gaar is (geen groot klonte nie)
Gooi al die speserye en die gerasperde wortel by.
Gooi die suurlemoensap (of asyn) by en meng.
Gooi die geweekde brood by die vleismengsel, maak seker jy meng dit deeglik (jy moet nie groot stukke brood sien nie).
Voeg die amandelneute of flokkies by.
Meng die melk of karringmelk met die eiers in 'n apparte bak.
Gooi die vleismengsel in 'n oondvaste skottel en gooi die eiermengsel bo-oor.
Druk die lourierblare in die mengsel.
Bak teen 180 grade C vir omtrent 40 minute.  Die eiervla moet stol en goudbruin van kleur wees.
 
Bedien met geelrys met rosyne, gekerfde piesang, blatjang en klapper.

No comments:

Post a Comment