Friday 15 January 2016

Vinnige Hoenderpastei

Vinnige Hoenderpastei

(Genoeg vir 6 mense)

Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute

VULSEL
1 gaar draaispit-hoender
1 groot ui, gekap
2-3 repe spekvleis
250 g sampioene, in stukkies gesny
500 ml (2 k) klaar bereide witsous

KORS
1 pak (250 g) bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
eiergeel, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

1. VULSEL Pluis die gaar hoender en hou eenkant.

2.  Braai die ui en spekvleis tot sag en gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar.

3.  Voeg die hoender en witsous by en meng deur. Skep in die voorbereide bak.

4.  KORS Rol die deeg effens dunner uit en plaas oor die vulsel in die bak.

Steek ’n gaatjie in die middel, sny die kante netjies en druk teen die kant vas met ’n vurk.

Sny patroontjies uit die oorskietdeeg en rangskik dit op die deeg.

Verf met geklitste eiergeel. Bak 25-30 min tot goudbruin.

WENK Die vulsel moet afkoel voor die kors opgesit word. Dit sal voorkom dat die deeg pap word.

No comments:

Post a Comment