Friday 15 January 2016

Pannekoek met melktertvulsel

Pannekoek met melktertvulsel

Basiese pannekoekresep se bestanddele:

·       310 ml koekmeel

·       3 ml bakpoeier

·       2 ml sout

·       60 ml suiker

·       2 eiers

·       300 ml melk

·       Kookolie

·       Kaneelsuiker

Metode:

1.    Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker by.

2.    Voeg die melk bietjie-vir-bietjie by die droë beslag, terwyl dit gemeng word.

3.    Voeg die eiers by.

4.    Meng goed en maak seker dat daar geen klonte is nie.

5.    Laat staan vir 30 minute.

Bestanddele vir die melktertvulsel:

·       1 blikkie kondensmelk

·       3 koppies melk

·       ¼ koppie mielieblom

·       2 eiers

·       Knypie sout

·       1 teelepel vanilla geursel

·       2 eetlepels botter

·       Kaneelsuiker

Metode:

1.    Bak gewone pannekoeke.

2.    Voeg die kondensmelk en twee van die drie koppie smelk in ‘n kastrol

3.    Meng die res van die melk met mielieblom en voeg by die melk in kastrol sodra melk begin warm word.

4.    Wanneer die beslag begin dik raak voeg die eiers by.

5.    Hou aan roer.

6.    Voeg sout, vanilla en botter by.

7.    Roer goed en laat bietjie staan om verder te verdik.

8.    Skep lepelsvol van die melktertvulsel in die pannekoek en rol op.

9.    Strooi kaneelsuiker oor.

No comments:

Post a Comment