Friday 15 January 2016

Boereworsrolle met soet tamatiesous

Boereworsrolle met soet tamatiesous

Genoeg vir 4 mense

sowat 1kg goeie boerewors

sowat 6 lang rolletjies

TAMATIESOUS
20 ml (4 t) olyfolie
1 groot ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
20 ml (4 t) balsemieke asyn
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
1 blik (410 g) geblikte tamatie
5 ml (1 t) worcestersous
sout en vars gemaalde swartpeper

Plaas die wors in ’n gesmeerde riffelpan (verf die oppervlak met ’n bietjie olie) en skakel die plaat aan.

Verhit dit pan oor baie lae hitte en braai die wors tot gaar oor lae hitte.

Moenie die wors onnodig baie draai nie; draai dit slegs as jy sien die wors begin verkleur aan die onderkant en ook net as dit loskom van die pan (moenie die wors probeer omdraai as dit nog vassit aan die pan nie).

TAMATIESOUS 
Verhit intussen die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot geurig.

Roer die res van die bestanddele by en laat prut sowat 15-20 minute.

Geur indien nodig.

Sodra die wors gaar is, laat staan dit ’n paar minute en sny dit in groot stukke.

Halveer die rolletjies en sit ’n stuk wors in elk, skep die sous oor en sit voor saam met slaai.

No comments:

Post a Comment